Palmwag Lodge | Temba Tuisblad | Navrae    Thapama Hotel GermanAfrikaans
Temba Travel

PALMWAG LODGE

Damaraland of Kunene Distrik, Bergsig Namibië

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>

 Palmwag Algemeen

Palmwag Lodge is ’n oase in die Namib woestyn  en in Damaraland of die Kunene distrik van Namibië.

Die lodge is een van Namibië se bekendste toeriste bestemmings.  Dit is geleë op die Uniab Rivier in ’n privaat konsessie.  Die rivier is met die uitsondering van enkele dae van die jaar, heeltemal droog.  By Palmwag is daar egter ’n fontein wat ’n oase in die woestyn skep.

Rondom Palmwag sal jy ‘n paar unieke plant en dier spesies vind.  Die Welwitschia plant kom algemeen hier voor, maar so ook olifante, Bergkwagga, kameelperde, swart renosters en leeus.  Trouens naas Etosha is dit die area met die hoogste leeu bevolking in Namibië.  Die fontein by die lodge veroorsaak dat die lodge gereeld deur wildediere besoek word.

Die lodge het in 2012 van eienaars verwissel.  Die nuwe eienaars, Fritz en Birgit Schenk woon by Palmwag en sorg dat alles altyd puik is.  Die gevolg is uitstaande diens en ’n voortreflike lodge.

Alhoewel die Lodge deur Nampower van krag voorsien word, het die lodge ook sy eie solar kragsentrale.  Dit veroorsaak dat jou verblyf daar ’n minimum impak op die omgewing het.

Palmwag swembad en kroeg

olifant by Palmwag

Die Ligging

Jy kan Palmwag Lodge slegs per grondpad of met ’n lugte vliegtuig bereik.  Palmwag is slegs 7 km noord van die C43 en C 39 kruising.  As jy van die suide kom, sal jy deur ’n klein gehuggie met die naam Bergsig ry voordat jy verder noord gaan.  Die lodge is aan die linkerkant sodra jy deur die veearts grens gaan.  Die konsessie strek tot by die Skedelkus.


Brandstof is beskikbaar by ’n klein plaaslike vulstasie.  Daar is gewoonlik alle grade petrol en diesel, maar dit mag gebeur dat jy nie die brandstof van jou keuse of graad kan kry nie.  Jy behoort egter altyd petrol of diesel te kry wat jou kan uithelp. 
Slegs Suid-Afrikaanse Rand of Namibiese Dollar word vir brandstof aanvaar.  Gewoonlik werk die kredietkaart masjien en kan jy ook met jou kaart betaal.  Hulle aanvaar egter geen ander buitelandse valuta nie.

GPS Lodge:  19° 53´ 59"S 13° 56´ 13"E 
GPS Airstrip:19° 52´ 48"S 13° 56´ 47"E

Palmwag tuin en swembad
Palmwag eetsaal en kragstasie

 

Behuisng

By Palmwag Lodge word gaste in verskillende tipes akkommodasie gehuisves.  Dit wissel van geboude chalets en luukse tente onder rietdakke tot Meru-tente en kampering.  Die rietdak veroorsaak dat die luukse tente ook altyd koel is.

Daar is ook twee Meru tente in die rivier baie naby die riete.  Dit is juis in die riete waar die olifante dikwels besoek aflê.  Meru tente het ’n dubbel seildak en n badkamer.  Dit is die sogenaamde “Oos-Afrika “ akkommodasie.

Palmwag is hoofsaaklik ’n bestemming vir volwassenes, maar gesinne is ook welkom.  Daar is ’n spesiale 8 bed eenheid vir families met kinders.

Palmwag slaapkamer

Palmwag slaapkamer

Aktiwiteite

Ontdek die mooiheid van Namibia se woestyn landskap op ’n staptog.  Daar is ’n hele paar staproetes van die lodge.  Dan is daar natuurlik die wildritte in oop safari voertuie.  Geen besoek aan Palmwag sal volledig wees sonder ’n oggend en aand wildrit nie.

Die lodge bied ’n verskeidenheid dag en oornag uitstappies.  Een so ’n uitstappie is Renoster agtervolging of “tracking:  Die plaaslike gemeenskap baat direk by hierdie oornag en langer ekskursies.  Omdat dit noodsaaklik is om ’n goeie gids en uitstaande spoorsnyer op die uitstappies te neem, moet die vooraf gereël word.

As jy meer rustig wil wees kan jy net onder die palmbome of langs die swembad ontspan.   Die Namibiese sonsondergang geniet en dalk ook ’n drankie by die swembad bar.

Etes is voortreflik en is of buffet of à la carte.

Wildrit by  Palmwag
Renosters by Palmwag